Discussion about this post

User's avatar
David Galinsky's avatar

Wonderful. Powerful exposition of "Human Action." It is sad that so few see the beauty in Mises' arguments in favor of free-enterprise. Take care.

PIET DU PLESSIS's avatar

Uitstekende artikel. Het my dadelik laat dink aan die volgende Ronald Reagan-grappie wat ons omtrent almal ken, maar wat snaaks bly in die lig van Handre se artikel:

'n Man in die Sowjetunie gaan koop 'n motor. Hy betaal die geld, hanteer al die rompslomp, en uiteindelik sê die amptenaar vir hom:

"Nou maar goed, alles is reg. Kom oor presies tien jaar terug om jou motor in ontvangs te neem."

Die man huiwer en vra: "In die oggend of die middag?"

Die amptenaar is uit die veld geslaan. "Dit is oor tien jaar van nou af, watter verskil maak dit?"

"Wel," sê die man, "die loodgieter kom die oggend."

Ekself het 'n uitstekende dosent op universiteit gehad wat Ekonomiese Geskiedenis doseer het. Hy het die kostlikste satiriese vertellings oor die totale mislukkings van die sentrale beplanningstel in die Sowjetunie met ons gedeel. Sekerlik was sommiges daarvan redelik oordrewe (of dalk nie!), maar het ook Reagan se humor weerspieël en ook Handre se uitstekend-nagevorsde analise van korrekte/werkbare vs. gewensde ekonomiese beleid.

Dis dan ook soveel tragieser dat ons eie regering nog steeds klou aan ekonomiese beleide wat nog nooit gewerk het nie - en nooit SAL werk nie.

No posts

Ready for more?